‘n Sending stasie in ‘n tas – Tshwane Beeld – Woensdag 23 November 2005
Opleiding in die veld – Neels Jackson
‘n Hele sendingkollege in ‘n tas. Die resultaat van ‘n ses jaar lange projek van die World Mission Centre (WMC) in Pretoria kan daartoe bydrae om groot deurbrake in afgeleë sendingvelde te bewerkstellig, meen past. Willie Crew, direkteur van die WMC. Die Live School , soos die projek bekend staan, is Crew se antwoord op die vraag hoe inheemse Christene in die sendingveld opgelei kan word om self sendingwerk onder hulle eie mense te doen.
Daar is begin om ‘n span van 28 kundiges onder leiding van dr. Bill Taylor van die World Evengelial Alliance se sendingkommissie te kry om ‘n leerplan te skryf sodat iemand op gr. 6-vlak dit kan vertsaan en sodat dit aapasbaar vir verskillende kulture kan wees.
Gerespekteerde sendelinge van oor die wêreld het dié kursus in Preotria kom aanbied in ‘n kapel wat omskep is in ‘n ateljee. Dit is opgeneem op 234 uur se videoband, geredigeer en op 53 DVD's verpak.
Dié DVD's word verpak in ‘n tas wat sy eie DVD-speler, TV-skerm en luidsprekers het. Dit werk met ‘n ingeboude battery, maar kan ook aan elektriese krag, ‘n motorbattery of selfs ‘n sonpaneel gekoppel word.
Die opnames is in Engels opgeneem, maar daar word reeds gewerk aan oorklankings in Russies. Van die ander tale wat moontlik bygevoeg kan work is Swahili, Mandaryns en Arabies.
So ‘n tas kos nou R35 000, maar wanneer massaproduksie van dié tasse in hul kantoor skuins oorkant die Uniegebou in Pretoria begin word, meen hy egter die kostes sal drasties afneem. |